Werking van kameras

Daar is hoofsaaklik drie soorte kameras wat gemaak word naamlik Analoog kameras, IP(Internet Protokol) kameras en Termiese kameras.

 

Analoog kameras is ouer tegnologie soortgelyk aan die televisie stelle van die jare tagtigs en die resolusie is nie vergelykbaar met die beeld van IP kameras nie.IP kameras het gewoonlik meer pixels en dus ‘n beter beeld.

 

Daar word nog baie analoog kameras vervaardig want dit is goedkoper, maklik om te bou en vinniger om op te stel.

In teenstelling is IP kameras duurder om te vervaardig en maak gebruik van die nuutste  tegnologie maar gee beter beeld en nagsig.

 

Analoog kameras maak gebruik van ‘n DVR(Digital video recorder) om beeld te kan sien en op te neem.

IP kameras maak gebruik van ‘n NVR(Netwerk video recorder)om beeld te kan sien en op te neem.

 

Onthou u betaal vir wat u kry.Die outydse spreekwoord goedkoop koop is duurkoop is nog steeds van krag.

 

IP kameras kan ook baie meer verrig as Analoog kameras en kan byvoorbeeld alarms deurstuur na die NVR wat ook gekoppel kan word aan u alarm sisteem en ook alarms op u selfoon gee.

Die groot voordeel van die beter beeld is dat die nagsig beduidend verbeter en nou kan u regtig ‘n goeie beeld in die nag ook sien.Hikvision vervaardig ook nou ‘n kamera reeks wat “Clearvue” genoem word en mense kan tel en gesigs herkenning kan doen.

Daar is ook die kameras wat voertuig nommerplate lees en dan op die NVR stoor om te vergelyk met ‘n moontlike lys van vergdagte voertuie.

 

PTZ(Pan -Tilt -Zoem) kameras kan 360 grade in die rondte draai en ook gezoem word,daar is baie verskillende modelle wat tot 4 kilometer in die dag kan sien en 500 meter in nag.Dit is ons top verkoper en vervang ‘n paar vaste kameras.Daar is ook kameras wat met luidspreker  en mikrofoon sisteme toegerus kan word.Ons gebruik die wereld bekende Brodan mikrofone.

 

Termiese kameras is die duurste en maak gebruik van ‘n infrarooi golflengte om hitte te bepaal om sodoende ‘n beeld te kan vorm.Jy kan enige voorwerp raaksien wat hitte uitstraal en dit kan oor groot afstande suksesvol gebruik word.

Voertuie kan op 2 kilometer en mense tot op 1 kilometer gesien word. Die prys van infrarooi kameras is dus ook die duurste.

 

Die NVR(Netwerk video recorder) is die hart van die kamera sisteem en beheer al die funksies van die kamera.

 

Laastens word daar van ‘n “Router” gebruik gemaak om die kamera adres  kommunikasie poorte oop te maak sodat die kamera op die internet gesien kan word.’n Router verskaf ook die Wi-fi wat ‘n koordlose verbinding is tussen die rekenaar,tablet of die selfoon en die internet.

 

Ons kan ook vir u ‘n VPN(Virtual Private Network) bou,dit is ‘n netwerk wat die sisteem baie meer beskerm is teen ongemagtigde besigtiging en kuber aanvalle van buite.

 

Ons voorsien ook sekere kameras van mikrofone wat alle geluide in die omgewing van die kamera kan hoor.