




Meer oor ons en die kamera netwerk.
Ons gee om vir U en die hele gemeenskap se veiligheid.
Ek boer met Ile de France skape en Bonsmara beeste op ons plaas Klein Smaldeel in die Parys distrik in die Vrystaat Provinsie.
Ek doen installasies van netwerk sekuriteits kamera sisteme,”Lorawan” toerusting,grondvog,PH,geleiding,N,P,K indikasies, damvlak persentasie en volume wat dmv ‘n selfoon of tablet gemonitor kan word van enige plek waar selfoon sein is.
Ek bou ook sisteme wat generators van selfone af kan aan- en afsit en moniteer.
Ek het na talle diefstalle en veediefstal voorvalle in die distrik die voordele gesien van kameras in ‘n geintegreerde plaas netwerk sekuriteits sisteem. Kameras is noodsaaklik en is sekerlik een van die beste metodes om diefstal te bekamp mits die sisteem ook beveilig word teen booswigte. Daar is verskeie maniere om die kamera sisteem te beveilig en dit moeiliker maak om die effektiwiteit te omseil.
Ons installeer kwaliteit sekuriteits kameras en sekuriteits sisteme. Met sekuriteit is kwaliteit nie onderhandelbaar nie. Dus gebruik ons slegs Hikvision kameras met ‘n drie jaar vervaardiger waarborg.
Ons ontleed u behoefte en kyk na die totale pakket wat kameras insluit en deur slimfone of ‘n rekenaar en tablette beheer kan word van enige plek in die wereld waar daar selfoon sein is en u gekoppel is aan ‘n internet netwerk. Stabiele internet van ‘n verskaffer is dus ook belangrik hetsy dit dmv ADSL,LTE,optiese vesel,sateliet of mikrogolf sisteem is.
Ons het ook nou ‘n kamera sisteem ontwerp wat direk na die internet kommunikeer en geskuif kan word soos u dit nodig ag .Die enigste vereiste is dat daar op daardie punt ‘n selfoon sein moet wees. Die selfoon sein kan swak wees want die router konsentreer die sein op al die verskillende selfoon frekwensies. Die sisteem maak gebruik van data op ’n simkaart van Vodacom,Cell C,Telkom,MtN of ‘n internasionale simkaart.
Onthou daar is ‘n interne netwerk wat uself gebruik en dan is daar ‘n eksterne netwerk wat die internet is en u kan dus dmv die internet of interne netwerk op die kameras inskakel en beheer.
Sekere kameras kan van so ver as 20 kilometer ver beheer word deur gebruik te maak van mikrogolf transmissie radios . Sonpanele of windlaaiers met batterye kan gebruik word as Eskom krag nie beskikbaar is nie.
Die kameras kan ook geskuif word soos nodig en kan ook op ‘n sleepwa gemonteer word met die nodige netwerk toerusting. As kameras nie die basis stasie kan sien nie bou ons ‘n herhaler netwerk.
Ons kan ook vir u ook ‘n interne netwerk bou sodat u die kamera enige plek waar daar ‘n direkte sig na ‘n ander punt toe is kan opstel.
Nou kan daar damvlakke gemoniteer word,elektriese motors aan- en afgeskakel word en nog ‘n klomp ander funksies uitgevoer word.
Die kameras wat deur ons gebruik word het ‘n sekere vlak van inteligensie en verskillende opsies kan opgestel word om alarms te kan aktiveer soos opgestel.Sekere kameras kan ook gesigs herkenning doen en maak gebruik van logaritmes om foute uit te skakel.
Tipiese alarms wat in kameras opgestel kan word is:
1. Alarm sodra oor ‘n sekere vooraf opgestelde lyn in kamera fokus area beweeg word.
2. Alarm sodra beweging in fokus area is.
3. Alarm sodra persoon/artikel uit fokus area uitgaan of weggeneem word.
4. Alarm sodra ander kamera in sisteem beweging optel en sodanig opgestel is om in pare met mekaar te werk.
Alarms kan op selfone en op die NVR(Netwerk Video Opnemer) beheer sisteem opgestel word.
U monitor en beheer die kameras vanaf die veiligheid van u huis.Sekere kameras kan ook voorsien word van mikrofone en luidspreker sisteme.
Kamera alarms kan ook aan u normale sekuriteits sisteem gekoppel word en ook derde partye in kennis stel soos nodig.
Ons maak ook gebruik van optiese oog alarms om die kameras te beveilig.
Ons bou ook damvlak of tenk indikasies wat jou op jou selfoon in kennis stel wat jou damvlak persentasie is en daarmee saam kan ons ‘n pomp in bedryf stel wat water in pomp of uit pomp,jy word in kennis gestel dmv ‘n boodskap op jou selfoon.



40000
Installation
200
Members
120
Malls & Building
80
Commercial Space
Eienaars
Ronel Steenkamp
Eienaar se vrou