Ons storie

IMG_6017
IMG_5333
IMG_3529
IMG_6967
IMG_7009

Meer oor ons en die kamera netwerk.

 

Ons gee om vir U en die hele gemeenskap se veiligheid.

 

Ek boer met  Ile de France skape en Bonsmara beeste op ons plaas Klein Smaldeel in die Parys distrik in die Vrystaat Provinsie.

Ek verkoop en doen ook installasies van netwerk sekuriteits kameras,Lorawan toerusting,GPS bees nekbande en persoonlike nood drukknoppies wat boodskappe stuur.

 

Ek het na talle diefstalle en veediefstal voorvalle in die distrik die voordele gesien van  kameras in ‘n geintegreerde plaas netwerk sekuriteits sisteem.Kameras word noodsaaklik en is sekerlik een van die beste metodes om diefstal te bekamp mits die sisteem ook beveilig word teen booswigte.Daar is verskeie maniere om die kamera sisteem te beveilig en dit moeiliker maak om die effektiwiteit te omseil.

 

Ons installeer kwaliteit sekuriteits kameras en sekuriteits sisteme.Met sekuriteit is kwaliteit nie onderhandelbaar nie.Dus gebruik ons slegs Hikvision kameras met ‘n drie jaar vervaardiger waarborg.

Hikvision is die grootste sekuriteits kamera vervaardiger en het meer as agtien duisend ingenieurs in diens en ‘n totale werkerskorps van ses en dertig  duisend werknemers.Hikvision is ook ISO 28000 gesertifiseer en daardeur kry u gemoedsrus dat die kwaliteits kontrole tydens vervaardiging deurlopend gemonitor word en van hoogstaande gehalte is.

 

Ons ontleed u behoefte en kyk na die totale pakket wat kameras insluit en deur slimfone of ‘n rekenaar/tablet beheer kan word van enige plek in die wereld waar daar selfoon sein is en u gekoppel is aan ‘n internet netwerk.Stabiele internet van ‘n verskaffer is dus ook belangrik hetsy dit dmv ADSL,LTE,optiese vesel,sateliet of mikrogolf sisteem is.

 

Ons het ook nou ‘n kamera sisteem ontwerp wat direk na die internet kommunikeer en geskuif kan word soos u dit nodig ag.Die enigste vereiste is dat daar op daardie punt ‘n selfoon sein moet wees.Die selfoon sein kan swak wees want die router konsentreer die sein op al die verskillende selfoon frekwensies.Die sisteem maak gebruik van data op ’n simkaart van Vodacom,Cell C,Telkom of MtN netwerke in Suid Afrika.

Onthou daar is ‘n interne netwerk wat uself gebruik en dan is daar ‘n eksterne netwerk wat die internet is en u kan dus dmv die internet op die kameras inskakel en beheer.

 

Sekere kameras kan van so ver as 20 kilometer ver beheer word deur gebruik te maak van mikrogolf transmissie radios . Sonpanele of windlaaiers met batterye kan gebruik word as Eskom krag nie beskikbaar is nie.

Die kameras kan ook geskuif word soos nodig en kan ook op ‘n sleepwa gemonteer word met die nodige netwerk toerusting.As kameras nie die basis stasie kan sien nie bou ons ‘n herhaler netwerk.

Ons kan ook vir  u ook ‘n interne netwerk bou sodat u die kamera enige plek waar daar ‘n direkte sig na ‘n ander punt toe is kan opstel.

Nou kan daar damvlakke gemoniteer word,elektriese motors aan- en afgeskakel word en nog ‘n klomp ander funksies uitgevoer word.

Daar kan tot 32 verskillende gebruikers op dieselfde tyd na die kameras inskakel en u gee die verskillende magtigings wie wat kan beheer en doen.

Die kameras wat deur ons gebruik word het ‘n sekere vlak van inteligensie en verskillende opsies kan opgestel word om alarms te kan aktiveer soos opgestel.Sekere kameras kan ook gesigs herkenning doen en maak gebruik van  logaritmes om foute uit te skakel.

 

     Tipiese alarms wat in kameras opgestel kan word is:

 

1. Alarm sodra oor ‘n sekere vooraf opgestelde lyn in kamera fokus area beweeg word.

2. Alarm sodra beweging in fokus area is.

3. Alarm sodra persoon/artikel uit fokus area uitgaan of weggeneem word.

4. Alarm sodra ander kamera in sisteem beweging  optel en sodanig opgestel is om in pare met mekaar te werk.

 

Alarms kan op selfone en op die NVR(Netwerk Video Opnemer) beheer sisteem opgestel word.

U monitor en beheer die kameras vanaf die veiligheid van u huis.Sekere kameras kan ook voorsien word van mikrofone en luidspreker sisteme.

Kamera alarms kan ook aan u normale sekuriteits sisteem gekoppel word en ook derde partye in kennis stel soos nodig.

Ons maak ook gebruik van optiese oog alarms om die kameras by te staan.

 

Ons bou ook damvlak of tenk indikasies wat jou op jou selfoon in kennis stel of jou dam leeg of vol is en daarmee saam kan ons ‘n pomp in bedryf stel wat water in pomp of uit pomp,jy word in kennis gestel dmv ‘n SMS op jou selfoon.

 

Ons kan u ook voorsien van Lorawan gebaseerde bees nekbande wat tot 15 kilometer ver kan aandui waar diere wei en ook bewegings alarms opstel.

Om Lorawan nekbande te gebruik het u ook ‘n “Konsentreerder” nodig wat aan “The things netwerk in Nederland” gekoppel is en deur gebruik te maak van ‘n derde party netwerk kan u die diere volg en ook geozones opstel vir sekuriteits doeleindes.

 

Ons voorsien ook persoonlike nood drukknoppies wat dmv’n Gprs sisteem werk en ander persone in kennis stel dat u in nood verkeer.

 

IMG_3558

Hikvision PTZ IP Kamera

Hierdie kamera word tipies gebruik waar ‘n groter area van 360 grade gesien wil word en het ook ‘n zoem funksie en ‘n goeie nag visie.

DJI hommeltuig

Drones kan ook baie effektief aaangewend word vir verskillende sekuriteits funksies en kan ‘n groot rol speel in die beveiliging van ‘n plaas opset.

Hikvision vaste IP kamera

Vaste IP Kameras is die mees koste effektief en is die basis van enige effektiewe kamera sisteem,sekere modelle het ook ‘n zoem funksie.

40000

Installation

200

Members

120

Malls & Building

80

Commercial Space

 Eienaars


Kobus Steenkamp

Eienaar en ontwerper

Ronel Steenkamp

Boekhouer